Movember: Hoe elke man homself behoort te ondersoek

Die Goeie Dokter

2014 Mens HealthTesticular - ...Testikulêre kanker kom veral by jong mans tussen 20 en 40 jaar voor, maar vroeë opsporing en diagnose kan tot suksesvolle behandeling in 98% van gevalle lei. Hoe kan dit vroeg opgespoor word, hoe werk die behandeling en wat kan anders in daardie geweste van ‘n man se lyf skeef loop?

Luister hier na Gesondheid op RSG: Marí Hudson gesels met dr. Lance Coetzee van die Urologie Hospitaal in Pretoria oor testikulêre kanker en prostaatkanker.

Elke jong man – dis nou dié jonger as 40 – behoort minstens een maal per maand wanneer hulle stort, ‘n deeglike selfondersoek te doen. Hulle moet die strukture rondom die testes ken. Sodra daar ‘n verandering aan hierdie strukture is, moet hulle hul GP of uroloog besoek, want dit kan dui op testikulêre kanker.

Vir meer inligting oor die selfondersoek, besoek http://www.cansa.org.za/mens-health/

Kyk na die skets om te sien hoe elke jong man gereeld hierdie selfondersoek moet doen.

 

 

 

 

 

 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.