Wat is ‘n vastrapdag by die SDA-eetplan?

Die Goeie Dokter

Op ‘n vastrapdag probeer jy so min moontlik kilojoules in te neem (niks meer as 2000kJ vir die dag nie – hoe minder hoe beter. – baie vloeistof asb.)

Dis nie geskik is vir mense wat Diabetes het, swanger is, borsvoed of  erstige chroniese siekte toestande het nie.

Diegene wat laktose-onverdraagsaam is of allergies vir suiwel is, kan die melk en jogurt vervang met soja-produkte.

Waarom ‘n vastrapdag?

Daar is baie goeie navorsing wat wys dat vas vir twee dae ‘n week (alternate day fasting ; intermittent fasting) tesame met ‘n matige energie beperkte dieet (verkieslik) of die persoon se normale dieet sonder beperkings dieselfde of selfs beter resultate lewer as die standaard energie beperkte dieet oor 7 dae. Beide diëte verbeter metaboliese merkers soos insulien vlakke, cholesterol, bloeddruk, leptien en ander. Daar is tog heelwat opgewondenheid oor die effek van vas wat ‘n hormonale kaskade veroorsaak wat baie effektief is vir veral insulien weerstandigheid.

  • Eet so min moontlik van woe nag 12h00 tot Vry ogg ontby en volg dan weer vry se plan. Drink so veel moontlik (water, tee, koffie (beperk tot 4), dieet koeldrank)
  • 500 ml vetvrye melk – vir tee en koffie
  • 500 ml vetvrye jogurt – maak ‘n smoothie met die vrug
  • 1 porsie vrugte – gebruik vir smoothie
  • 4 porsies groente van 80g elk
Die volgende groep groentes is vry en kan ingeneem word in onbeperkte hoeveelhede :
broccolisampioene
blomkoolkool
murgpampoeneiervrug
groenbonetamatie
brusselse spruiteblaarslaai
komkommersoetrisssies
skorsiespinasie
uieseldery
  •  maak ‘n slaai vir die aand (baie groen blaargroente, tamatie en vry groentes)
  • Tee en koffie met vetvrye melk sonder suiker.

Deur Marí Hudson

© Mari Hudson

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.