Lae ystervlakke MOET behandel word

Rooibloedselle

Bloedarmoede is een van die algemeenste siekteprobleme waaraan die mensdom ly. Maar bloedarmoede is inderwaarheid die laat-stadium van ystertekort.

Moegheid, geheue-probleme en voedsel “cravings’ is van die tipiese simptome van ’n ystertekort.

Wat is die oorsake van ’n ystertekort, waarom MOET dit behandel word en watter yster-middels werk die beste?

Prof Vernon Louw

Marí Hudson gesels met Prof Vernon Louw, hoof van kliniese hematoloog van die Universiteit van Kaapstad en die Groote Schuur Hospitaal oor ystertekort en die behandeling daarvan.

Die 2e aflewering in die reeks oor ystervlakke

Een-derde van tienermeisies en die helfte van mense met hartversaking lei aan ’n ystertekort, wat in laasgenoemde geval die hart verder kan beskadig. ’n Ystertekort in ’n swanger vrou kan tot groeivertraging van haar baba, premature geboorte en breinskade lei. Marí Hudson gesels verder met ’n kliniese hematoloog oor ystertekort en die behandeling daarvan, en ook oor yster-oorlading in die bloed.

Luister en kyk ook na dié reeks interessante video’s waar prof Louw meer verduidelik oor yster in die bloed:

Gaan na Youtube, en dan na vernonlouw.medex

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.