Snork, jou neus, slaap en slaap-apnee

Slaap
ENT
Die boonste derde van jou neusgange is die belangrikste vir gemaklike lugvloei deur jou neus.

Wat het jou neus met snork en moegheid soggens te doen? En hoe werk slaap en slaap-apnee?

Marí Hudson gesels met dr Poens van der Merwe, ’n oor-neus- en keelspesialis, oor hoe swak lugvloei deur jou neus tot snork kan lei, en ook met dr Chris Verster, ’n psigiater, oor slaap en slaap-apnee.

Cottle toets
Die Cottle toets. Trek met twee vingers die wangdeel teen jou neus en net onder jou oë weg van jou neus. Haal jy makliker asem?

Luister ook:

Wat het snork en moeg-opstaan met jou neus te doen? Baie meer as wat jy dink, vertel ‘n oor-, neus- en keelspesialis. As die lugvloei deur jou neus goed is, kry jou brein genoeg suurstof wanneer jy slaap en val jou sagte verhemelte nie in nie.

Het jy geweet dat slaap-apnee gevaarlik kan wees? Of dat daar behandeling vir rustelose bene is? Of dat die griepvirus gewigtig is en op oppervlaktes neerdaal wat beteken dat dit in die winter oral kan wees waar jy vat? En dat jy voor jy simptome het en nadat dit verby is, steeds aansteeklik is?

https://www.rsgplus.org/gesondheid/alles-wat-jy-wil-weet-oor-slaap-en-slaappille/

https://www.rsgplus.org/aktueel/wetenswaardig/jou-kind-het-baie-meer-slaap-nodig-as-wat-jy-dink/

© Marí Hudson

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.