Hoe tas sistiese fibrose jou longe aan?

Lisa Marie Beyers saam met haar vriend Zach Verster.

Wat is sistiese fibrose? Is dié siekte seldsaam? Hoe werk dit? En kan dit behandel word?

Een uit elke 2500 mense ly aan dié siekte.

Die 20-jarige Bolander Lisa Marie Beyers van Robertson het onlangs aan sistiese fibrose gesterf het, selfs ná ’n dubbele longoorplanting.

Hoe hou ’n ensiemtekort verband met longprobleme? Waarom sukkel kinders met sistiese fibrose om asem te haal? Kan dit behandel word? Kan dit voorkom word?

Mari Hudson het in Gesondheid op RSG met Dr Carla Els, kinder longspesialis by die Linksfield Hospitaal in Johannesburg, oor dié genetiese siekte wat jou slymvliese, longe, pankreas en spysverteringstelsel aantas, en in grade kan voorkom.

Luister vandag om 11:30 na Gesondheid op RSG. Hoe moed, want daar is nuwe middels onderweg.

En dra more ‘n pers strikkie of enigiets pers ter bewusmaking van sistiese fibrose. Lisa Marie is op 22 Februarie oorlede en sou op 6 Maart 21 jaar oud geword het.

Lisa Marie kort na haar dubbele longoorplanting op 25 September 2018.
Lisa Marie en Zach
Lisa Marie het so voluit moontlik gelewe tot die einde.
Lisa Marie, glimlaggend ondanks haar siekte

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.