Groot vordering is die afgelope 20 jaar en meer gemaak in tandheelkunde. Van wit stopsels tot implantate en die behandeling van tandvleis – baie kan gedoen word om jou tande mooi en gesond te hou.

Marí Hudson praat met dr. JJ Serfontein oor die jongste tegnieke om jou glimlag so mooi as moontlik te maak.
Ons gesels oor amalgaam stopsels, nuwe keramiekstopsels, veneers, krone en implantate, en 3D tegnologie om alle veranderings goed te beplan. En ook oor valstande, middels wat jou tande wit maak, flos en tandvleisbloedings.
Tande maak ‘n reuse verskil aan jou voorkoms.
G’n mens kan mooi lyk sonder tande nie, nie eens die mooie Julia Roberts nie.


Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.
Deel hierdie artikel