Alle psigopate is nie moordenaars of verkragters nie. Hulle kom in verskeie vorms – Die sjarmante man wat hom nederig hou en jou oortuig dat jy hom geld moet leen vir sy nuwe, grandiose geldmaakplan en dan met jou geld verdwyn, of die sakeman wat elke jaar nog tien present van sy werknemers laat afdank vir groter winsgrense, of die goedversorgde vrou met die sagte stem wat almal so perfek om haar pinkie draai dat niemand agterkom dat sy almal manipuleer nie, is almal psigopate. Wat is die eienskappe van ‘n psigopaat? Word mens so gebore or so gemaak? Kan mens verander?
Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.
Deel hierdie artikel
