As weerlig jou tref, bons die straal eers rond in jou lyf

Het jy geweet dat as ’n weerligstraal jou tref, of jy aan ‘n hoogspanningskabel raak, die straal eers binne-in jou lyf rondbons en skade veroorsaak voordat dit jou lyf verlaat?

In ons gesprek oor ernstige brandwonde kyk ons ook na

  • die klassifikasie van brandwonde,
  • die oorsake van brandwonde
  • hoekom dit so pynlik is,
  • veloorplantings,
  • velkwekings,
  • longskade
  • en besef ons ook dat nie alle pasiënte gered word nie.
Dr Wayne Kleintjes

Mari Hudson gesels met Dr Wayne KLeintjes, hoof van die Tygerberg Hospitaal se spesialis-brandwondeenheid. Hy is verbonde aan die afdeling chirurgie aan die Universiteit van Stellenbosch se mediese fakulteit, en het etlike jare gelede met velkwekings begin en baanbrekerswerk op hierdie gebiied gedoen.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.