As ’n beseerde persoon onder die puin van ’n ineengestorte gebou uitgehaal word, is die stryd om sy lewe nog nie afgehandel nie. Dokters moet dan veg teen ‘crush’-sindroom. Hoe kan ‘n vasgepende arm of been tot skielike nierversaking lei, of tot ‘n hartstilstand en die dood? Verskeie ingewikkelde metaboliese prosesse word aangeskakel as spiere deur ‘stomp’-beserings beskadig word. Mari Hudson gesels met ’n traumachirurg.
Hoekom word net die helfte van alle traumapasiënte wat ‘redbaar’ is, wel gered? Het die groot traumalading iets hiermee te doen? Hoekom is ‘stomp’ beserings soos in ’n konstruksie- of voertuigongeluk, gevaarliker as ‘skerp’ beserings soos ’n messteek? Wat is die moets en moenies op ’n ongelukstoneel? Hoe word ongevallepasiënte geklassifiseer as rooi, geel of groen, en wat beteken dit? Mari Hudson praat hieroor met ’n traumachirurg.
Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.
Deel hierdie artikel
