As dagga en Tik psigoses aanskakel in jongmense…

Kan ’n middel soos dagga en Tik ’n psigose soos skisofrenie aanskakel? Wat is ’n psigose? Hoekom is ’n jong brein so vatbaar vir die aanskakeling, wat selfs ‘n kind se IK kan verlaag? Kan die psigose weer afgeskakel word as die jongmens ophou om die middels te gebruik?

Inderdaad kan ‘n enkele daggasigaret ‘n psigose soos skisofrenie aanskakel wat nooit weer afgeskakel kan word nie, want jongmense se breine is nog aan die ontwikkel, en die cannaboïede meng in met ander breinoordragstowwe. Tik is nóg meer neurotoksies as cannabis.

Geen bloedtoets kan voorspel watter jongmens kwesbaar is vir die ontwikkeling van ‘n psigose met die gebruik van cannabis, Tik, ander dwelms, of alkohol nie.

Al meer  jongmense word behandel vir dwelm-geinduseerde psigoses.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.