Bosluisbytkoors is pure hel

Die Goeie Dokter

Het jy geweet dat daar twee soorte bosluisbytkoors in Suid-Afrika is: Mediterreense ‘spotted’ bosluisbytkoors en Afrika bosluisbytkoors – eersgenoemde is ernstiger as die tweede.

Marí Hudson het met dr Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes aan die Universiteit van Stellenbosch se geneeskunde fakulteit en Tygerberg Akademiese Hospitaal gesels.

Luister 11:30 na Gesondheid op RSG.

Interessante feite

Bosluisbytkoors se versamelnaam in mediese terme is Rickettsia en daar is baie voms van dié siekte. Die ernstigste een is Rocky Mountain bosluisbytkoors.

Bosluisbytkoors word deur die Rickettsia bakterie veroorsaak. Dis veral die klein bosluis (in die nimf stadium) wat gevaarlik is.

Honde kan ingeënt word teen bosluiskoors in honde (wat hoofsaaklik deur die bruin hond-bosluis veroorsaak word), maar daar is geen entstof teen bosluisbytkoors in mense nie. Bosluiskoors in honde is anders as bosluisbytkoors in mense.
Bosluisbytkoors in mense kan met sterk doserings van doksisiklien antibiotika behandel word.
Die simptome verskyn sowat 5 dae na die bytplek, wat nekroties word en dus swart vertoon met infeksie onder die swart deel. Simptome sluit in erge hoofpyn, naarheid, koors en ‘n uitslag in die geval van Mediterreense bosluisbytkoors.

Mediterreense bosluisbytkoors word deur die bruin hondbosluis oorgedra.
brown_dog_tick

rhipicephalus_sanguineus

ticklifecycle-1

b9781437713671001440_f144-002-9781437713671

Afrika-bosluisbytkoors word veral deur die Amblyomma, Dermacentor of die Rhipicephalus familie van bosluise gedra word. Die bakterie is die Rickettsia africae bakterie. Die inkubasietyd is 5 – 7 dae.
deertickgrowthweb

Foto: NEJM
Foto: NEJM

Bosluise kan ook Krim-Kongokoors, ‘n baie ersntige bloedingsiekte met ‘n 50% sterftesyfer, veroorsaak.
Die bosluis wat Kongokoors-virus dra, is die bontpootbosluis (Hyalomma spesie).

Die bontpootbosluis
Die bontpootbosluis
Die siklus van die bontpootbosluis in Kongokoors
Die siklus van die bontpootbosluis in Kongokoors

two_host_tick_lifecycle

Lees meer oor bosluiskoors in honde: http://www.akcchf.org/canine-health/your-dogs-health/caring-for-your-dog/canine-tick-borne-disease.html

© Marí Hudson

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.