Só ontwikkel die mens se brein: van embrio tot jong kind

Hoe ontwikkel die mens se brein?

Deel 1: Van fetus tot laerskoolkind
Het jy geweet dat die fondasie-deel van die embrio se brein binne vier weke ná bevrugting ontwikkel is? En dat een deel van die brein na die ander oopgestel word vir ontwikkeling soos wat die baba, die kleuter, die tiener en die volwassene dit nodig het vir oorlewing? En dat die ontwikkelende brein baie vatbaar is vir skade?

Die ‘terrible two’s’ vind plaas wanneer die kind alles vir homself wil allokeer, maar nie weet hoe nie. Dit gaan gepaard met ‘n spesifieke ontwikkelingstadium van die brein.

Ons leer ook verstaan hoekom tweejariges vloermoere gooi. Dis alles deel van die ontwikkeling van die brein.

Deel 2: Van tiener tot bejaarde
’n Tiener en ‘n jongmens kan nie help nie dat hulle gedrag riskant is sonder veel insig, en hulle eerder hulle vriende wil aanhang as hulle gesinne. Hoekom ontwikkel hulle breine só? Wanneer is jou brein ontwikkel genoeg vir volwasse gedrag? En kan jy jou brein skerper slyp?

Kyk na die interessante sketse en video’s van die ontwikkeling van die brein van embrio tot volwassene wys:

So vorm die neuraalbuis uit die buitenste ektoderm van die embrio

Só ontwikkel die baba se brein voor geboorte
Nog ‘n voorstelling van die ontwikkeling van die brein voor geboorte

 

 

 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.