Kan ‘n dokter gearresteer word bloot omdat pasiënt sterf?

Die Goeie Dokter

Kan enige dokter netso, sonder enige amptelike mediese of ander ondersoeke, in hegtenis geneem word as ‘n pasiënt sterf. Kan ’n dokter sonder enige uitslag van ’n na-doodse ondersoek, enige ondersoek na die kliniese omstandighede,  gearresteer en in boeie in ’n vangwa na polisieselle geneem?

Word dokters in Suid-Afrika gekriminaliseer? Is enige pasiënte se dood dan moontlik strafbare manslag? Waar laat dit dokters wat ernstige siek mense se lewens probeer red? Watter prosedures behoort gevolg te word as nalatigheid vermoed word?

Marí Hudson gesels met Dr Johannes van Waart en Dr Angelique Coetzee, wat onderskeidelik alle chirurgiese dissiplines en die meeste dokters in die land verteenwoord oor dié kommerwekkende kwessies.

 

https://iono.fm/e/914313

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.