Spektrum: Dinsdag 25 Julie 2017
Die Universiteit van Witwatersrand sê meer navorsing moet gedoen word om te bepaal of ‘n Suid-Afrikaanse MIV-positiewe kind, wat nou amper nege jaar lank in remissie is, besonderse genetiese kenmerke het. Die kind is op die ouderdom van 32 dae positief vir MIV getoets. Die kind is daarna tien maande lank met antiretroviralemiddels behandel, en toe die kind ongeveer een jaar oud was, is die medikasie gestaak. Jean Esterhuizen het meer besonderhede.
Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.
Deel hierdie artikel
Facebook
WhatsApp
Twitter
Email
