Strawwe oefening kan jou hart beskadig

Het jy geweet dat atlete wat hulle harte tot die uiterste beproef soos in strawwe uithou-sport, soos die Comrades marathon, die Cape Epic fietstoer of strawwe ystermankompetisies, hulle hartstruktuur kan beskadig. Dié skade kan dan lei tot hartritme-stoornisse wat selfs tot skielike dood kan lei.

Presies hoe werk dit? Kan dokters voorspel wie ‘n groter risiko het?

Luister Woensdag 22 Mei om 11:30  na Gesondheid op RSG. Marí Hudson gesels met ’n hartspesialis oor die verband tussen strawwe sport en hartritme-defekte.

Hulle kyk ook na die jongste tegnologie om atriale fibrillasie (AF), die algemeenste hartritme-defek in ouer mense, te behandel. Strawwe oefening kan ook AF veroorsaak.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.