Sarkoom – die kanker wat meestal by tieners en en jongmense kan voorkom

Die Goeie Dokter

Sarkoom het onlangs twee keer onder ons aandag gekom. Eers toe ons gehoor het Angelique Greeff, bekend as die kletsrymer Angie Oeh, het twee jaar na haar diagnose daaraan gesterf.

En toe ‘n belowende jong krieketspeler, Armand Fourie van Grey Kollege in Bloemfontein, nie meer kans gesien het vir die stryd nie.

Sarkoom is een van die kinderkankersoorte wat onder tieners en jongmense voorkom. Dit is ‘n sagteweefselkanker wat in enige deel van die liggaam kan voorkom, soos in die spiere, gewrigte, in die buik, die brein, en enige ander deel van die liggaam.

Dr Johann Riedemann , ‘n pediatriese onkoloog (wat op die behandeling van kankersoorte wat veral in kinders, tieners en jong volwassenes konsentreer) van Crayon, (wat ‘n samewerking is tussen Cancer Care en Icon Oncology), vertel meer oor sarkoom.

In die tweede program in ‘n kort reeks oor sarkoom, kyk ons na geteikende- en immunoterapie en die kans op herstel. Daar is baie vorms van dié sagteweefsel-kanker, wat veral tieners en jong volwassenes se lewe kan ontwrig.

Besoek Crayon se webblad vir interessante en nuttige inligting: oor kankersoorte wat hoofsaaklik by kinders, tieners en jong volwassenes voorkom: https://cancercrayon.co.za/

Luister Woensdag 12 Sept om 11:30 na Gesondheid op RSG.

Hoe vroeër kanker by kinders gediagnoseer word, des te beter is die kans op suksesvolle behandeling. Let op na die volgende waarskuwingstekens:

 

Types Of Childhood Cancer

AYA’s = Tieners en Jong Volwassenes
Meer as 1000 kinders word jaarliks met kanker gediagnoseer

Besoek ook die volgende webwerwe vir meer inligting oor kanker by kinders:

Choc (Childhood Cancer Foundation South Africa): https://choc.org.za/

Little Fighters: https://littlefighters.org.za/

Cansa: https://cansa.org.za/

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.