In die Whipple-operasie word ‘n deel van die pankreas weggesny, maar dis nie al nie. ‘n Deel van die galbuise, die dunderm en selfs die maag word weggesny. Hoekom is dit nodig?
Dié operasie word meestal gedoen as deel van die behandeling van pankreaskanker, maar ook in gevalle van pankreas-trauma weens mes- of skietwonde.
Dr Stefan Hofmeyr van die afdeling Chirurgie aan die Geneeskunde Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch en die Tygerberg-Hospitaal, verduidelik hoe die operasie gedoen word.
Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.
Deel hierdie artikel
Facebook
WhatsApp
Twitter
Email
