Gediagnoseer met Leukemie? Daar is hulp!

Ons fokus in Bloedkankerbewustheidsmaand op leukemie, een van drie soorte bloedkanker. Die ander soorrte is limfoom en miëloom.

Marí Hudson gesels met ‘n kliniese hematoloog oor stamseloorplantings as behandeling vir leukemie, en ook limfoom.

Luister hier na die volledige program:

Interessante feite

  • Skenkerstamselle kan die ontvanger ‘n nuwe en sterk weerstand teen ander siektes gee.
  • Om stamselle te skenk behels glad nie meer die proses om onder narkose selle uit die beenmurg te haal nie, maar bloot ‘n proses soortgelyk aan bloedskenking.
  • Stamselle wat ingeplant word, kan vanself die regte bloedselle vorm.
  • Die pasiënt se eie stamselle kan gebruik word in sekere gevalle, terwyl skenker-stamselle in ander gevalle benodig word.
  • Selfs as ‘n familielid se stamselle DNS net 50% ooreenstem met dié van die ontvanger, kan dit steeds ingeplant word danksy nuwe tegnieke.

Hoe kan jy ‘n beenmurgskenker word:

The SA Bone Marrow Registry

Die Sunflower Fund

Langslewende pasiënt ná ‘n beenmurg stamsel-oorplanting 59 jaar later

Nancy McLain het op 10-jarige ouderdom ‘n beenmurgoorplanting ondergaan met beenmurg van haar tweelimgsuster. Sy is vandag op 69 steeds gesond. Sy sou binne ‘n jaar gesterf het sonder die oorplanting.

https://www.bmtinfonet.org/story/aplastic-anemia-nancy-mclain-transplanted-1963

Dr Robert Kyle, hematoloog by die Mayo Clinic in die VSA, wat Nancy se beenmurgoorplanting gedoen het, is steeds in die tuig.

Dr Robert Kyle, een van die wêreld se voorste kenners op miëloom . Hy praktiseer as 63 jaar en is in sy tagtigs.


Lees meer oor hom: https://intheloop.mayoclinic.org/2019/05/02/dr-robert-kyle-living-a-full-life-of-medical-and-stamp-collecting-achievements/

 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.