E-sigarette bevat ook kankerwekkende stowwe

‘n Mens sien al hoe meer mense wat e-sigarette rook, of vape. Is e-sigarette veiliger as gewone sigarette? Bevat dit enige kankerwekkende stowwe? Kan dit gebruik word in jou poging om op te hou rook?

Marí Hudson praat met prof. Richard van Zyl-Smit, ‘n longspesialis by die Longinstituut van die Universiteit van Kaapstad, oor dié kwessies.

Hier is enkele feite:

  1. As jy sigarette rook, het jy ‘n 50% kans om voortydig te sterf, veral weens longkanker of emfiseem.
    As jy e-sigarette gebruik (vaping), het jy ‘n 20% kans om voortydig te sterf. E-sigarette is dus veiiliger as gewone tabak-sigarette, maar nie veiliger as skoon lug nie.
  2. Sigarette het meer as 4000 aktiewe bestanddele, waaronder nikotien, mottegif en honderde kankerwekkende stowwe.
  3. E-sigarette bevat ook kankerwekkende stowwe.
  4. E-sigarette word volgens wetgewing, dieselfde hanteer as sigarette.

 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.