Het jou 3-jarige al ‘n mondhigiënis/tandarts besoek?

Kleuters behoort op 2- of 3-jarige ouderdom die eerste keer ‘n mondhigiënis te besoek, om probleme vroeg te identifiseer. Só het Natalie Gordon, hoof van UWK se mondhigëne afdeling in ‘n onderhoud vir Johan Rademan vertel.
Ouers is geneig om te lank te wag vóór hulle aandag gee aan hul kinders se tande en dink dat melktande nie aandag verg nie. Baie ouers wag eers tot die kind al sy melktande het, of totdat die kind begin wissel voordat hulle hul kind na ‘n mondhigiënis of tandarts bring. Dit is tot nadeel van die kind. Probleme moet vroeg opgespoor en behandel word sodat die kind nie later vals tande moet kry nie.

Sy het ook vertel hoe mondhigiëniste uitreik na die publiek en hulle bystaan met voorkomende tandesorg, en dat van die dienste gratis is.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.