Jou pankreas hou nie van drank nie

Die Goeie Dokter

As jy lief is vir jou daaglikse drankie, weet jy reeds teen dié tyd dat dit jou lewer kan beskadig. Maar alkohol kan ook jou pankreas ernstig beskadig. Ja, diabetes en pankreaskanker is nie AL dinge wat met die pankreas kan skeefloop nie. Pankreatitis is ‘n ernstige siekte wat selfs lewensgevaarlik kan wees.

Wat is pankreatitis, wat het dit te doen met vette in jou bloed, alkohol en jou lewer? Is daar risikofaktore wat ons kan vermy om dié onaangename en gevaarlike siekte mis te loop?

Mari Hudson gesels met prof. Jan van Zyl, gastro-enteroloog by die Fakulteit Kliniese Geneeskunde van die Universiteit van die Vrystaat, oor pankreatitis, oftewel ontsteking van die pankreas, die oorsake, simptome, behandeling en voorkoming van dié siekte.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.