Wat kan ons verwag van Covid se 3e golf?

Die Goeie Dokter

Is ons in die derde Covid-golf? Wat kan ons verwag? Iets erger as ons tweede golf? Wat gaan in die res van wêreld aan, veral die groot getalle in Indië en Israel, die effek van die entstowwe, en Frankryk waar die inperkings deels opgehef is. Marí Hudson gesels met Dr Piet Streicher, ’n data-ontleder oor wat ons uit die jongste Covid-data kan verwag.

En dit wil voorkom of Noord-Kaap naby aan sy piek is, dat die syfers steeds hoog is en toeneem in Noordwes en die Vrystaat, dat dit stadiger toeneem in Gauteng as met die eerste twee golwe en dat Gauteng sy piek vroeg in Junie kan bereik en dat die ergste teen Augustus verby kan wees.

Dit blyk ook dat KZN en Oos-Kaap se syfers nie sodanig gaan styg dat dit meer as 30% van die vorige golwe gaan wees nie, en dus nie gaan kwalifiseer as ‘n derde golf nie.
Die moontlikheid bestaan ook dat Wes-Kaap se syfers nie die 30% drempel gaan bereik nie.

Vaksinering, sanitering, wegbly van groot byeenkomste en maskers word aanbeveel, maar nie sluiting van skole en die ekonomie nie.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.