Covid, suurstof, osoon, peroksied, wonde en bestraling

Hiperbariese suurstofterapie word gebruik in die behandeling van borrelsiekte by duikers. Hoe werk dit? En waarom kan dit tot borrel-beroerte en verlamming lei as die duiker nie betyds vir borrelsiekte behandel word nie.

Help dié behandeling vir Covid-pasiënte? En vir diabete se wondgenesing of vir bestralingspasiënte?

Dié tipe suurstofbehandeling word dikwels verwar met osoon en waterstofperoksied, maar verskil hemelsbreed van laasgenoemde twee al bevat al drie se chemiese verbindings wel suurstofmolekules.

Mari Hudson gesels met dr Frans Cronje,  ’n spesialis in lugvaart- en duikgeneeskunde en kundige in die gebruik van hiperbariese suurstofbehandeling om antwoorde op dié vrae te vind.

Luister hier na die program:

HULP

Vir navrae as ‘n duiker in die moeilikheid is, of vir navrae oor hiperbariese suurstofterapie, bel hierdie noodnommer van die Divers Alert en Netwerk: 082 8 10 60 10.

Besoek ook www.sauhma.org die webwerf van die SA Underwater and Hyperbaric Medical Association.

Suurstof (O2) bestaan uit twee suurstof-molekules.
Osoon (O3) bestaan uit drie suurstof-molekules. Atmosferiese osoon bestaan in die osoonlaag in die stratosfeer.
Waterstofperoksied bestaan uit twee waterstofmolekules en twee suurstof-molekules. Dié stof word gebruik in haarkleurmiddels om die hare bleik.

 

‘n Hiperbariese suurstofkamer. SA het nege geakkrediteerde hiperbariese suurstofkamers. Bly weg van kamers wat of kapsules wat nie geakkrediteer is nie.
‘n Hiperbariese suurstofkapsule

 

 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.