Gewigsverlies: Wenke vir die Feestyd, jou anaconda en versoeter-mites

Die Goeie Dokter

Is daar nuwe verwikkelings in gewigsverlies? ’n Endokrinoloog gee 5 wenke wat jou kan help om nie die feestyd te veel gewig op te tel nie, maar steeds die tyd te geniet, gee raad oor versoeters en vir die Anaconda om jou middellyf.

Luister vandag 11:30 na Gesondheid op RSG. Marí Hudson gesels met prof Tess van der Merwe, endokrinoloog van Pretoria.

Hierdie maagoefeninge kan help om jou dieper maagspiere te versterk sodat jou ananconda beter onder beheer is, al begin jy net met een of twee van die oefeninge. Die meeste oefeninge om die diepgeleë Transversis Abdominis spier te versterk, is subtiele bewegings.

 


 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.