Die belangrikheid van ’n baba se eerste 1000 dae

In Suid-Afrika is die moontlikheid dat ‘n baba in sy of haar eerste lewensjaar kan sterf, 17 keer groter as in Noorweë. UNICEF beraam tot 50 000 babasterftes per jaar in Suid-Afrika verhoed kan word deur mediese ingryping.

Ons het onlangs gehoor hoe ma’s in die Oos-Kaap eerder hulle kinders om die lewe bring, as om te sien hoe hulle van honger sterf. Suid-Afrika se babasterftes is 33,6 per 1 000 geboortes. Die Mother and Child Academic Hospital-stigting, Macah, wil al hierdie uitdagings pak. Een van hulle inisiatiewe is die eerste-1000-dae inisiatief.

Ons praat hieroor met professor André Venter, ‘n neuro-ontwikkelingspediater en een van die stigters van die Macah-stigting.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.