Diabetes-middel vertraag nierversaking dramaties – hier is die name en kriteria

Die Goeie Dokter

’n Middel wat oorspronklik vir die behandeling van diabetes ontwikkel is, én voordele vir jou hart inhou, kan voorts nierversaking dramaties vertraag én die tyd tot dialise met tot 15 jaar uitstel.

Ons praat oor die jongste navorsingsbevindings en wat dit vir pasiënte beteken.

 

Navorsing nog aan gang om te sien of dit help vir pasiënte op dialise, amper op dialise en oorgeplante niere
Die SGLT2 inhibitore kan nog nie gebruik kan word vir mense op dialise, en mense wat amper op dialise is nie. Dit moet vroeg begin word terwyl jou niere se filtrasie spoed nog nie te veel ingekort is nie. Jy kan dit (nog) nie begin as jy in stadium 4 of 5 hierversaking is nie. Die internasionale kriteria vir die inisiering is nie as niere se filtrasie spoed onder 25ml/min of onder 20ml/min is nie. Die LIFECYCLE studie kyk na filtrasie spoed onder 15, mense op dialise, en mense met oorgeplante niere, en al verwag ons positiewe resultate gaan dit eers in 2027 beskikbaar wees.  Tot dan mag ons nie SGLT2 inhibitore begin in mense met nier filtrasie spoed (eGFR) onder 20 nie, sê dr. Marius Wasserfall.

 

Hier is die volledige dokument oor hoe nierversaking toeneem, en hoe die SGLT2s kan help in diabete en nie-diabete: SGLT2-inhibitors 2

 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.