Ozempic en gewigsverlies

Die Goeie Dokter

Die naam Ozempic is op almal se lippe, want almal wat graag gewig wil verloor, gryp na dié middel wat eintlik vir diabete bedoel is. Kan dit jou werklik help om gewig te verloor? Is daar slaggate waarvan jy moet kennis neem? Is Ozempic se doserings voldoende vir goeie gewigsverrlies? Wat gebeur as jy die middel staak.

Marí Hudson gesels om 11:30 met dr Marius Wasserfall, internis by Panorama Mediclinic oor Ozempic en ander GLP-inhibitore.

Hy vertel ook meer oor die SGLT2-middels wat nierversaking dramaties kan vertraag, hy noem die name van die middels en vertel hoekom dit nog nie vir mense wat amper op dialise is en reeds op dialise is, gebruik word nie, maar dat dit belowend lyk dat dit wel in die toekoms kan gebeur.

 

Lees en luister ook na die volgende artikel en potgooi vir meer volledige inligting oor die middels teen nierversaking.

Diabetes-middel vertraag nierversaking dramaties – hier is die name en kriteria

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.