Jy is nog jonk, maar pas gediagnoseer met kanker. Chemoterapie en/of bestraling wag. Maar jy wil graag ná jou herstel, ‘n baba hê. Ja, dit is moontlik, vir mans en vroue. En daar is selfs meer as een manier om dié droom waar te maak, selfs ná kankerbehandeling.

Marí Hudson gesels met prof. Igno Siebert, ‘n fertiliteitspesialis by die Aevitas-fertiliteitskliniek in Pinelands en die Departement Ginekologie en Verloskunde van die Universiteit van Stellenbosch, oor die jongste inligting nadat hy teruggekeer het van ‘n internasionale kongres.
Buiten eier- en embriobevriesing, is dit nou moontlik om eierstokweefsel te vries en later weer terug te plant, wat dan tot swangerskappe kan lei.
Luister en lees ook:
Die nuutste oor ovum- en embriobevriesing, genetiese voorgeboorte toetse
Nuwe genetiese toetse op embrio
Testosteroon-inspuitings kan man onvrugbaar maak
Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.
Deel hierdie artikel
