Oepsie, ek kan nie knyp nie!

Die Goeie Dokter

Is jy een van die talle vroue wat aan blaaslek ly? Meer  vroue as wat jy dink,se blaas- of anale knypers of albei, werk nie meer so goed soos voorheen nie. Dit lei tot groot verleentheid en vroue hou op met draf en ander aktiwiteite uit vrees vir ‘n skandalige ongeluk. Maar daar is hulp vir:

– blaaslek weens klepprobleme
– blaaslek weens ‘n ooraktiewe blaasspier
– prolaps van vroue-organe
– anale inkontinensie.

Een van die behandelingsopsies is die plaas van ‘n klein ‘pasaangeër’ in die boud, wat beide blaas- en anale inkontinensie onder beheer kan bring deur die senuwee na die blaasspier en die anale sfinkter beheer. Ander behandelingsopsies sluit selfs botoks-inspuitings in die blaas in.

Die belangrikste is om by ‘n chirurg uit te kom wat gereeld en baie van hierdie operasies doen, soos ‘n uro-ginekoloog. Waar vind ek só ‘n chirurg? Besoek https://www.sauga.org.za/  of

https://www.sauga.org.za/Patients en kontak hulle vir meer inligting en of die chirurg wat jy besoek, lid is van dié vereniging.

Luister Woensdag 11:30 na Gesondheid op RSG. Marí Hudson gesels met dr Stephen Jeffery, uroginekoloog by die Universiteit van Kaapstad se mediese skool en ook die Christiaan Barnard Gedenkhospitaal in Kaapstad oor blaas- en sfinkterprobleme.

Lees en luister ook na ander programma oor blaasprobleme

https://www.rsgplus.org/gesondheid/die-dinge-waaroor-n-vrou-nie-wil-praat-nie/

https://www.rsgplus.org/gesondheid/dokter-ek-het-bekkenpyn/

 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.