Dié swamsiekte is nou superkiem

Candida auris
Candida auris

Candida auris word beskou as een van die gevaarlike nuwe superkieme wat die potensiaal het om glad nie op enige medikasie te reageer nie.

Dit is ’n swam-siekte wat die laaste 10 jaar dramaties in Suid-Afrika toegeneem het en nou veral in private hospitale in Gauteng gevind word. Dit kom veral in waaksorg-eenhede voor en kan die bloedstroom deur ‘n wond binnedring.

Infeksie met middel-weerstandige Candida auris kan die bloedstelsel, hart en brein aantas en het ‘n 30 – 72% sterftesyfer. Dit kan lank op mure, meubels en enige plastiekoppervlakte oorleef.

Dit is moeilik om te identifiseer en eers as die simptome wat koors en kouekoors insluit, nie reageer op antibiotika nie, word vermoed dat die oorsaak ‘n swam-infeksie is.

In Gesondheid op RSG gesels Marí Hudson met dr. Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes by die Universiteit van Stellenbosch en die Tygerberg Hospitaal oor dié en ander swamsiektes.

Lees meer oor Candida auris

http://www.nicd.ac.za/diseases-a-z-index/candida-auris/

http://www.sabcnews.com/sabcnews/nicd-concerned-about-spread-of-deadly-candida-auris/

https://www.businessinsider.co.za/what-is-candida-auris-deadly-fungal-infection-2019-4-2

https://medicalxpress.com/news/2019-05-qa-superfungus-candida-auris.html

Candida albicans

 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.