Prof Tim Noakes gesels oor Banting

Die Goeie Dokter

Waarom sê prof. Tim Noakes dat mense wat insulienweerstandig is en tipe 2 diabetes het, eerder vette as koolhidrate moet eet? Op watter wetenskaplike bewyse grond hy sy nuwe denkrigting oor gesonde eetgewoontes? Hoe verduidelik hy sy stelling dat verhoogde bloed-cholesterolvlakke nie die belangrikste faktor in bloedvatskade en hartaanvalle is nie?

 

Het jy geweet dat prof. Tim Noakes eintlik baie min per dag eet? En nie oorboord gaan met vette nie? Wat maak mens met die nuwe dieet-inligting? Luister in die slotaflewering in ‘n reeks van twee, hoe hy in sy eie woorde verduidelik wat hy eet en hoe dit werk.

 

Het jy geweet dat insulien jou aptyt stimuleer, en dat as jy te veel dierevette inneem, dit die laaste strooi kan wees wat jou tot in tipe 2 Diabetes kan stoot? Prof. Tess van der Merwe, kenner van metabolisme en oorgewig, vat prof. Tim Noakes se stellings aan oor insulienweerstandigheid, waarom mens vet word, en die eet van baie dierevette.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.