Riley, Zak, McGyver en Charlie: SA se 1e Covid-snuffelhonde ruik Covid met meer as 96% akkuraatheid uit

Die K9 eenheid van die SAPS het in Junie begin om honde op te lei om Covid uit te ruik. Die reukhonde van die K9 Forensiese Eenheid word geleer om met meer as 96% akkuraatheid selfs presimptomatiese Covid-gevalle in die inkubasietyd van Covid uit te ruik. Die honde het pas hulle opleiding voltooi. Reukhonde word reeds in verskeie Europese lande ingespan om met groot akkuraatheid Covid uit te ruik.

Luister Woensdag hieronder na die program op Gesondheid op RSG, waar prof Tess van der Merwe vertel hoekom en hoe die honde opgelei word om Covid en ander siektes uit te ruik.

Kyk hoe ingenome is Zak met sy akkurate identifikasie van Covid.

Ontmoet solank Suid-Afrika se 1e 4 Covid-reukhonde:

Riley is ‘n 21 maande oue Duitse Herdershond. Hy is vol woema en energiek en perfek vir die opleiding wat wag.
Zak is ‘n driejarige Labrador. Sy gretigheid om te leer maak hom ‘n ideale kandidaat vir die Covid 19 Opsporingspan.
McGyver is 3 jaar oud en ‘n Labrador. Hy het ‘n baie metodiese werkspatroon.
Charlie is ‘n 7-jaar oue Border Collie kruis wat opgelei is om die geringste spore van reuke te identifiseer. Hy het al oor die hele Suid-Afrika gewerk en sy ervaring maak hom ‘n groot aanwins vir die span.
Is die toekomstige rekrute dalk een van dié hondjies?
Die hondekenners van die K9 Forensiese eenheid identifiseer al kandidate op ‘n jong ouderdom. Vir eers is dit net pret en speel.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.