Vertigo en tinnitis: Raad wat kan help

Die binne-oor

Vertigo is daardie nare duiseligheid en dronk-in-die-kop gevoel wat so erg kan wees dat jy skaars jou kop van die kussing kan oplig. Middels soos teen-seesiekpille en Serc help, maar Mari Hudson en haar gaste gesels oor die nie-mediese behandeling van vertigo en tinnitus.Vestibulêre fisioterapeut Willemien Martin, van Pretoria, vertel hoe sy lyers met spesifieke oefeninge om die boogkanaaltjies in die oor te help aanpas.

Tinnitis, waar ‘n ewige gesuis en gezoem in jou kop jou lewe ondraaglik kan maak, kan ook aangepak word met raad van ‘n oor-, neus- en keelspesialis.

Meer inligting oor Vertigo
Vertigo word deur probleme in die boogkanaaltjies in die binne-oor veroorsaak. Maar duiseligheid kan ook ander oorsake hê wat niks met die binne-oor te doen het nie. Dié oorsake kan die volgende insluit:

  • lae of hoë bloeddruk
  • lae of hoë bloedsuikervlakke
  • bloedarmoede en ystertekort
  • outo-immuunsiektes soos Crohn se siekte, reumatoiede artritis, selfs lae tiroiedvlakke
  • sommige medikasie soos sommige antibiotika en sommige anti-TB middelsVertigo kan akuut of langdurig wees. As dit akuut is, begin dit skielik en is dit dikwels so erg dat jy in die hospitaal beland omdat jy naar voel, en nie kan regop kom nie en bly nie.

LUISTER na Gesondheid op RSG.

Só skryf Willemien Martin op haar webblad:

VESTIBULAR REHABILITATION
Vestibular rehabilitation therapy (VRT) is an exercise–based program designed to promote central nervous system compensation for inner ear deficits. VRT can help with a variety of vestibular problems, including benign paroxysmal positional vertigo (BPPV), and the unilateral or bilateral vestibular hypo–function associated with labyrinthitis and vestibular neuronitis. Even individuals with long–term unresolved inner ear disorders, who have undergone a period of medical management with little or no success, may benefit. VRT can also help people with an acute or abrupt loss of vestibular function following surgery for vestibular problems.


A thorough evaluation is performed during the first visit. Depending on the diagnosis, an
individualised exercise program is developed. The programme usually includes adaptation, habituation and substitution exercises. The program is progressed to a more advanced level as soon as the patient performs the exercise correctly. Some of these exercises may at first cause an increase in symptoms. Because of this, patients sometimes give up on VRT, thinking it is making the condition worse. However, in most cases, balance and dynamic visual stabilisation improve over time if the exercises are performed correctly and regularly. Muscle tension, headaches and fatigue will diminish, and symptoms of dizziness, vertigo and nausea will decrease or disappear.

 

 

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.