Endometriose: as jy elke jaar laparoskopieë nodig het, word jy verkeerd behandel

Het jy geweet chirurgie om endometriose-weefsel te verwyder is van die moeilikste wat daar is? Besef jy dat as jy meer as drie operasies vir endometriose ondergaan het, jy verkeerd behandel word? En dat jy beslis net deur ‘n ginekoloog wat spesiale endoskopiese opleiding het, behandel moet word?
Luister na Gesondheid op RSG om 11:30.
Marí Hudson gesels met een van Suid-Afrika se voorste endoskopiese endometriose-chirurge, Prof Igno Siebert van die Aevitas kliniek in Pinelands, Kaapstad, vir antwoorde op hierdie vrae.
Interessante feite

Endometriose in die eierstokke so ‘n tameletjie.

Endometriose kan pynlik wees, die blaas, nierpype,dermkanaal en eierstokke infiltreer, jou gesondheid benadeel en vrugbaarheid belemmer.
Dit behoort in een enkele operasie verwyder te word. As jy ‘n tweede endometriose operasie moet ondergaan, moet jy beslis by een van die land se handvol endometriose-spesialiste uitkom sodat al die foutiewe weefsel op een slag verwyder kan word. Geen derde en vierde operasies nie!

Vir inligting hoe om vas te stel watter ginekoloë is opgelei om die ingewikkelde endometrioses operasies te doen, gaan na www.sasreg.co.za en stuur ‘n epos navraag. Of rig die navraag aan info@aevitas.co.za of bel prof. Siebert by 021 531-6999.

Belangrik: Die inligting op hierdie webwerf is algemeen van aard en is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike mediese advies nie. Raadpleeg altyd jou dokter oor jou eie gesondheid.

Deel hierdie artikel

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Lees verder

Meer artikels

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.